Central Intelligence Agency

Vlag van die CIA
Seël van die CIA
Die CIA se hoofkantoor in Langley, Virginië

Die Central Intelligence Agency (afgekort: CIA, Afrikaans: Amerikaanse Intelligensiediens of Sentrale Intelligensiediens) is die buitelandse intelligensiediens van die Verenigde State van Amerika. Hulle is verantwoordelik vir die verkryging en analise van inligting oor regerings, maatskappye en persone. Die CIA lewer hierdie inligting aan die verskillende afdelings van die Amerikaanse owerheid.[1]

  1. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search